KunsteGrot sluit af met Manuel Escorcio

Manuel Escorcio se vertoning op Vrydag 19 November by die KunsteGrot beloof om ‘n onvergeetlike belewenis te wees.

THABAZIMBI – Die laaste aanbieding vir dié jaar is die immer gewilde tenoor,  Manuel Escorcio, volgende Vrydagaand 19 November om 19:00.

Volgens Rita Volschenk van die KunsteGrot is Thabazimbi werklik bevoorreg om ‘n kunstenaar van sy kaliber in die teater te ontvang. Kaartjies beloop steeds slegs R120 en R80 vir pensioenarisse. Bespreek sommer dadelik by Rita 0837448559.