Slim middagetes en diverse aandete
Gesonde maaltye, veral tydens eksamens kan ‘n student se kanse om goed te vaar gedurende ‘n stresvolle tyd, aansienlik verbeter.
Na ‘n “breinkrag” ontbyt, is dit noodsaaklik dat jou kind koolhidrate eet soos brood, rys, ontbytpap en aartappels ten minste elke vier tot ses ure om te voorkom dat bloedsuiker in die middag en die aand val.
Ysterryke voedsel soos vleis, vis, hoender of bone moet daagliks in die dieet ingesluit word. Ystertekorte lei tot vergeetagtigheid, geïrriteerdheid, moegheid en verlies aan konsentrasie. Dit benadeel jou kind se vermoë om te presteer. As jou kind ‘n vegetariër is, sluit vitamiene C-ryke voedsel soos vars lemoensap, nartjies, lemoene en groenpepers met maaltye in, aangesien dit die absorpsie van yster in vegetariese maaltye verbeter.
Slim middagete sluit in: ‘n Toebroodjie met volgraanbrood, of gebruik ‘n rolletjie of pitabroodjie, of skakel oor na rogbrood. Gebruik die volgende vulsels of bedien as ‘n slaai met ‘n volgraanrolletjie: verskeie groentes, dit dra kraakheid, geur, vesel, verskeidenheid en voedingswaarde by.
Gebruik komkommers, wortels, peperstroke, sprouts en blaarslaai en tamaties. Vir proteïen, kies maer vleis, hoender, vis, grondboontjie botter of kaas. Vetvrye of laevet maaskaas gaan ook goed saam met groente op ‘n toebroodjie. Gebruik laevet mayonnaise om die geur te verbeter. Sit bone, salsa en kaas in ‘n pitabroodjie vir ‘n smaaklike middagete happie.
Aandete dien as ‘n goeie afleimiddel van die dag se studies en vir kwaliteit gesinstyd. Die gekombineerde effek van voedingswaarde, byvoorbeeld proteïen, koolhidrate, vette, vitamienes en minerale is die sleutel tot goeie gesondheid. Doen die volgende: Kies ‘n hoofmaal, enigiets wat goed werk vir die familie. Kies dan groente vir addisionele voedingswaarde, geur, kleur en tekstuur as bygereg. Rond elke maaltyd af met vars vrugte.
Die volgende is goeie idees vir diverse aandete: Bief en blomkool roerbraai met rys en vrugte. Gebraaide of stukke hoender met gestoomde gemengde groente, kapokaartappels en vars vrugte. Tuna toebroodjies op volgraan rolletjies met blaarslaai, tamatie en gebakte skyfies. Pasta met tamaties, knoffelkaasbrood en ‘n groenslaai. Maer hoender of gestoomde vis met groente, bedien met pasta, gestoomde rys of ‘n gebakte aartappel en vrugte. Pizza met groente, laevet kaas en maer hoender of vleis vulsel is ook ‘n goeie keuse wat ryk is aan voedingswaarde.
– Uitgereik deur SA Sugar