Werkswinkels bring innerlike skoonheid na vore
THABAZIMBI – ‘n Heerlike, ontspannende damesoggend wat op 11 September in Thabazimbi aangebied is, het gestreef om die dames se innerlike skoonheid na vore te bring.
Lindie van den Heever van Willa Krause Professionele Grimering het die dames toegespreek oor skoonheid en vertel hoe hulle binne vyf minute soos ‘n prinses kan lyk sonder baie moeite. Sy’t ook uitgebrei oor elkeen se persoonlike profiel om te identifiseer watter kleure by elke individu pas en grimeertegnieke bespreek. Linda Grobler van die SAVF het ook ‘n spreekbeurt gekry en die dames meer ingelig oor wat in die Thabazimbi gemeenskap gebeur. Sy het skrikwekkende statistieke deurgegee oor swaarbehoewende gesinne in die gemeenskap en het klem gelê dat elkeen ‘n verskil kan maak, hoe gering ookal. Linda kan gekontak word by 014 777 1093 of 084 318 1819 of op e-pos: grobler.linda@gmail.com