Laerskool Platina ondersteun provinsiale rugby

Dié leerlinge van Laerskool Platina het verlede Vrydag hul onderskeie provinsiale rugbyspanne goed ondersteun met hul vindingryke uitbeelding van hul span se kleuredrag.

SWARTKLIP – Laerskool Platina se leerders is op Vrydag 29 Oktober aangespoor om hul gunsteling provinsiale rugbyspan vir die Curriebeker finaal te ondersteun, deur op enige moontlike manier dié span se kleure te dra. Vier pryse vir die oorspronklikste drag is uitgedeel.