Kameelperdjies en Meerkatjies oorweeg ‘n wyse opsie

Die Gr R en Gr RR Opedag by Bosveld Akademie Privaatskool is op Donderdag 28 Oktober aangebied. Mamma Kameelperd, Juf Rasel van Staden, help die voornemende Bosveld Akademie leerlinge met hul unieke kunswerke.

THABAZIMBI  – Dis weer daardie tyd van die jaar, wanneer kameelperdjies en meerkatjies plek soek om te leer en slim te word.

Op Donderdag, 28 Oktober 2010, het Mamma Kameelperd, Juf Rasel van Staden, en Mamma Meerkat, Juf Anneonette Hefer van Bosveld Akademie ‘n klompie voornemende Gr R en Gr RR leerlinge bekend gestel aan die unieke karakter en atmosfeer van die skool.

Intussen het die mammas en pappas inligting rakende die skool se Akademie, Kultuur- en Sportbedrywighede in die heerlike lugversorgde saal ontvang. Later die middag het leerlinge van die hoër grade ook kom inloer om die uitstallings van hoogstaande gehalte te besigtig.

Indien daar persone is wat spyt is dat hulle hierdie besonderse geleentheid misgeloop het, is hulle welkom om die skool by 014 772 2111 te kontak vir ‘n afspraak.

Johan Muller