Wense vir Wesies-projek

NYLSTROOM – Die Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom, het ‘n missie dat “kinders van alle Denominasies versorg sal word volgens die holistiese benadering, met inagneming van die konstitusie van die land, maar wat ook die psigiese, godsdienstige, onderwys, welsyn en sosiale behoeftes van die kind sal bevredig”.
Hul het tans 170 afvlerkkinders wat in hul sorg geplaas is deur hofbevele as gevolg van die kindermishandeling, alkoholmisbruik, dwelmmisbruik, gebrek aan ouerskap- vaardighede, gesinsgeweld of ander faktore wat die lewe van die kind in gevaar mag stel en maak hoofsaaklik staat op donasies om hierdie kinders te versorg.
Die 14 huise waarin Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom onderverdeel is sluit sewe seunshuise, ses dogtershuise en een gemengde klein kinderhuis, naamlik Maroela, in. Met Kersfees om die draai, het hierdie kinders eenvoudige items op hul wenslysie. Huis Bauhinia se 11 senior dogters van ouderdomme wat wissel van 14 tot 18 jaar se wense strek van swart kerkskoene, ponds gesigsprodukte, selfoon lugtyd tot kondensmelk. Sonae Terblanche (17) sal graag ‘n “scrapbooking kit” vir Kersfees wil hê. Huis Boekenhout se 12 seuns van ouderdomme 9 tot 17 jaar vra meesal skoolskoene, toiletware, ‘n wit kerkhemp met blou das of ‘n hemp met ‘n broek. Huis Maroela, waarin die gemengde kleutertjies tuisgaan, se jongste kleuter is die driejarige Chris Oosthuizen. Hierdie kleutertjies vra kortbroekies, nagklere of crocs vir Kersfees. Stroop, tamatiesous, blatjang, aanmaakkoeldrank en pakkies soppoeier sal ook vreeslik deur hierdie kleutertjies geniet word. Vir die volledige Kersfeeswenslys, besoek hul webtuiste by http://www.kinderhuisnylstroom.org.za. Kontak hul bemarker, me Gezina Lombard by 082 897 3877 of e-pos gezina@esnet.co.za.
Bankbesonderhede vir enige donasies is: Bank: ABSA Modimolle / Nylstroom, Rekening Naam: AKK Maatskappy Nylstroom, Tjek Rekening nr.1100 140 000, Tak kode:632005, Verwysing: Wens Lyste. ‘n Artikel 18A kwitansie word aan elke donateur voorsien.