VLU maak maskers vir Halloween

Die Northam VLU dames het met Halloween as tema hul vergaderings vir 2010 afgesluit. Die dames spog met hul kreatiewe maskers.

Swartklip – Die Northam VLU dames het op Donderdag 21 Oktober 2010 hul 208 ste vergadering in die tuin van Bianca Conradie gehou.

Hierdie was ook die finale vergadering vir 2010 met die tema “HALLOWEEN”. Die dames het vreeslik gespog met hul kreatiewe maskers en daar is met groot geesdrif “Trick or Treat” gespeel. Na afloop van die huishoudelike sake, het elkeen ‘n speldekussing van vilt gemaak om huistoe te neem. Northam VLU sluit hul jaar af op 25 November 2010 te Kameelhoek.