Ons lesers skryf – Ons Dorp – Wat ‘n gesig!

Thabazimbi se hoof ingang tot die besighede en midde dorp… Bedoelende op die hoek van Warmbadweg en Elandstraat, skuins oorkant BP, bring ‘n benoudheid by menige inwoners.

Wasgoed word gewas en oor die drade gegooi, vure word gemaak wat smeulend bly, rommel gestrooi… Dis blyplek, slaapplek en toilet vir die wat hulle stadig maar seker daar tuismaak.

Wie voorsien die water en hout?

Wat ‘n skande dat die Stadsraad sit en gaap soos visse op droë grond!! Hello!! Hierdie mense is onwettige indringers wat eersdaags gaan skuilplek bou vir hulle self en die goed wat hulle verkwansel. Nee wat! Wie is nou verder lus om só te bly waar Gods water oor Gods akker loop?

O. Pretorius