Beterbal Gholfkompetisie

THABAZIMBI – Verlede Saterdag, 23 Oktober se Beterbal kompetisie, met ‘n keuse bofhou, was deur Laerskool Koedoeskop geborg.

Twaalf pare het pryse ontvang. Carel en Zagrys Jordaan loop weg met die eerste prys met 52 punte. Bernie Gous en Chris Bronkhorst (50), L de Beer en Hans Human (49) was die ander puntemakers. Volgens die program word die “Foursomes” kampioenskap oor 27 putjies more, Saterdag 30 Oktober gespeel. Die volgende Interaksie Gholf vind op Vrydag 5 November plaas en Saterdag 6 November is dit die Maandelikse Slagspel.

Die grasie tydperk vir die betaal van ledegeld is verstreke. Indien ‘n lid steeds nie hul ledegeld vereffen het nie, sal hul voorgeekaart geblok, oftewel ge-“Hotcard” word. Die klub se lede is ietwat bederf in die opsig dat hul Saterdae slegs opdaag sonder om vooraf vir die kompetisies in te skryf en dan steeds ‘n spel te kry. Lede word egter versoek om van die lyste by die klub, waarop kompetisie-inskrywings aangetoon moet word, gebruik te maak.

Vollie Volschenk