General

Hondesiekte epidemie, inentingsveldtog volg

THABAZIMBI – ‘n Inentingsveldtog teen hondesiekte (Distemper) is hierdie week deur die plaaslike veeartsenydienste van stapel gestuur. Dit volg na dié siekte hierdie week as epidemie verklaar is.

Twee inentingspunte in Thabazimbi sal op 27 en 29 Oktober ingerig word waar honde die nodige inenting teen ‘n spesiale tarief van R100 per hond kan kry.

Dit sluit ‘n inenting teen katgriep (Parvo) en hondesiekte (Distemper) in, maar nie hondsdolheid nie. Medivet Dierekliniek sowel as Thabazimbi Dierekliniek sal op hierdie twee dae vanaf 08:00 tot 17:00 veeartse beskikbaar hê vir die inentingsdoel.

Die fisiese simptome wat sigbaar is 24 uur nadat die dier daaraan blootgestel is, sluit in ‘n loop neus, oë wat dra en koors. Honde met ‘n swak immuniteitstelsel ontwikkel gewoonlik longontsteking. Meeste honde het geen aptyt nie en sommige vomeer en het diarree, wat dan dehidrasie veroorsaak. Drs Nolte en Farrell van Medivet Dierekliniek het ‘n pleidooi aan troeteldier-eienaars gerig om hul diere teen hierdie siekte te laat inent aangesien daar geen behandeling vir hondesiekte is nie.