Eerste boek vir Vrouebladskrywer

THABAZIMBI – Die bekende Annetjie Symons van Annetjie Symons Bedieninge, se eerste geestelike boek  getiteld “U Woord is soeter as Heuningkoek”, is aan die einde van September gepubliseer.

Die boek is propvol pragtige volkleur illustrasies en bemoedigende woorde wat die leser inspireer om uit te styg in elke faset van die lewe, hetsy huwelik, gesondheid of werk. “U Woord is soeter as Heuningkoek” is tans nog nie verkrygbaar in winkels nie, bestel die boek direk by Annetjie teen R195, of skakel haar by 082 460 8749, rig e-posse aan annetjie.sym@gmail.com vir verdere navrae.