KunsteGrot – “Mooie meisies fraaie bloemen”…

Die pragtige Helène Bester gaan die Bosveld laat blom wanneer sy op 22 Oktober by die KunsteGrot optree. Kaartjies is reeds beskikbaar.

THABAZIMBI – Oktober is mos die mooiste maand met die mooiste blomme en die mooiste meisies…  Kom ervaar dit op 22 Oktober in die KunsteGrot wanneer die pragtige Helène Bester die verhoog met haar pragtige stem, persoonlikheid en “looks” kom versier! Kaartjies is reeds beskikbaar, bespreek sommer nou.

Met Kersfees ook om die draai, is Manuel Escorsio hier met ‘n unieke Kerskonsert op 19 November. Almal wat sou belangstel in ‘n Kuns-Kersmark so einde November se kant kan ook vir Rita kontak, dan kan iets gereël word.

Vir alle navrae en besprekings: Rita by 083 7448559 / rivol@telkomsa.net