Twee meisies sterf in gru-motorongeluk

THABAZIMBI – ‘n Motorongeluk Woensdagnag 29 September op Warmbadweg het die lewens van twee jong meisies geëis.

Lethasia Mynhardt, werksaam by Exel Vulstasie, Larize Crous en Eunice Joubert, albei studente van Noordwes Universiteit, het vroeër die aand by ‘n plaaslike restaurant gekuier en was oppad huistoe, toe die ongeluk omstreeks middernag plaasgevind het.

Lethasia is op die toneel oorlede. Larize Crous van Klerksdorp het inwendige beserings opgedoen en is na die Thabazimbi Staatshospitaal geneem vir behandeling waarna sy na die Polokwane Staatshospitaal oorgeplaas is, maar later aan haar beserings beswyk het.

Eunice Joubert, dogter van Willie en Liza Deysel van Thabazimbi, het onder andere ‘n pelvis fraktuur opgedoen en is na die Peglerae Hospitaal te Rustenburg oorgeplaas. Ten perse was haar toestand nog onbekend.