Stapklub begroet die lente in die Waterberge

Die Thabazimbi Stapklub wat die naweek van die 28 en 29 Augustus in die Rhenosterpoort van die Waterberge gaan stap het. Vlnr staan hulle trots: Gerhard en Alida Potgieter, Gene en Anna Niemand, Hugo en Maria Coetzee, Lola Rose, Annes Momberg, Laurinda en Hendrik Nel en laastens Barry de Lange.

RHENOSTERPOORT – Thabazimbi Stapklub het gedurende die naweek van 28 en 29 Augustus 2010 weer deur die baie mooi Rhenosterpoort staproete gaan stap vir die naderende lente wat in die Waterberge geleë is.

Die Waterberge doen darem sy naam gestand as daar gekyk word na die hoeveelheid water wat steeds na die winter seisoen gesien word, self die waterval het in sy volle glorie afgestort. Die stappers het selfs hulself geniet ten spyte van die koue water.

‘n Paar nuwe stappers het die tog meegemaak om die mooi en lekker van staproetes te geniet. Al die staproetes wat die stapklup aanpak kan enige iemand saam stap, want daar word genoeg rus kanse gegee vir die wat nie so fiks is nie.

Kontak vir Hugo Coetzee vir inligting rakende roetes wat beplan word vir die res van die jaar in 2010 of kyk in Die Kwêvoël se “smalls” afdeling onder Algemeen vir die volgende staproete wat op die 23 Oktober beplan word. Skakel Hugo gerus, sy telefoon nommer is 014 772 1836 of 082 562 5774.