Ons lesers skryf – Vandalisme kommerwekkend

Dis absoluut kommerwekkend dat vandalisme toeneem onder blanke skoolkinders. Verlede week moes ons van die ruite vervang by ‘n huis wat leeg staan. Vanoggend het ‘n ooggetuie laerskoolseuns gesien wat die mure en vensters bygedam het met spuitverf. Dit kos elke keer ‘n paar rand om so ‘n plek reg te kry voordat huurders kan intrek.

Kwaaijongstreke is dit nie. Ek bevraagteken die opvoeding van sulke kinders, wat duidelik geen respek vir ander se eiendom het nie.

Wonder hoeveel ouers vermis van hulle spuitverf? Die outjies het nagelaat om die kannetjies saam te neem, dus kan vingerafdrukke geneem word. Dink net aan die onaangename verrassing wat op hulle wag wanneer hulle oor ‘n paar jaar aansoek gaan doen vir identiteitsdokumente! Ek weet, want ek het ‘n saaknommer by die SAP gekry!

Wilna du Preez – Thabazimbi