Northam VLU besoek “sjebeen”

SWARTKLIP – Die Northam VLU lede het op Donderdag 16 September 2010 hul maandelikse vergadering aan huis van Riana Potgieter gehou.

Met die dames se aankoms is hul verras met sap in blikbekers, aangebied in bierbokse, waarna daar vergadering gehou is om die huishoudelike sake af te handel. Die lede het na die vergadering heerlik weggelê aan pap en shaba, opgedien in blikborde, wat met die hand of met ‘n lepel geëet is, in eg sjebeen-styl. Selfs die nagereg is in ‘n “Koos” opgedien… Na heelwat gelag en kwinkslae, het die dames die fynere kuns van seepmakery bemeester en is elkeen huiswaarts met haar eie tuisgemaakte sepie. Northam VLU beplan hul volgende vergadering vir 21 Oktober 2010. Vir meer inligting skakel Mari Meintjes 0147860304 by 0820864915.