Kuns met piouter – VLU leer meer

THABAZIMBI – Die VLU Thabazimbi-lede het op Woensdag, 8 September by die AP Kerksaal vergadering gehou waartydens Hannelie Botha ‘n piouter demonstrasie aangebied het.

Van die lede het ook gespog met hul artikels vir die volgende jaar se Bosveldstreek en VLU Noord se kompetisies.

Met die volgende vergadering op 13 Oktober, weer by die AP Kerksaal, sal ‘n verteenwoordiger van KANSA, Rustenburg ‘n praatjie en demonstrasie oor borskanker aanbied. Alle dames is baie welkom en kan Liz van Tonder skakel vir meer besonderhede by 084 436 4429.

Die tak het ook tydens Boomplantdag bome aan Bosveld Akademie geskenk. Die skool sal die bome op hul nuwe skoolterrein plant.

Die VLU Thabazimbi-tak wens Pieter Kwêvoël baie geluk met sy 60ste verjaarsdag. Baie dankie ook vir jou ondersteuning met berigte en foto’s van die tak se bedrywighede.