HFM Bosveld Interhoërkunstefees

HFM leerders wat aan die drama, sang, kuns en instrumentaal deelgeneem het tydens die Bosveld Interhoërkunstefees in Augustus.

THABAZIMBI – Skole van die Bosveldstreek het vanaf 10-13 Augustus aan die Bosveld Interhoërkunstefees deelgeneem.

Onderleiding van Me Juanita Erasmus en Berna Reicherdt het die leerlinge in die volgende kategorië ingeskryf, kuns, fotografie en skryfkuns. Dit is vir HFM aangenaam om die uitslae bekend te maak. Die inskrywings was almal op hoë standaard en die volgende leerlinge het almal ‘n A++ ontvang. In die foto afdeling Clarinda van der Wetering, Bealde Enslin, Lana Senekal, Simoné Pieterse en Sasha Botha. In die kunswerke afdeling Clarinda van der Wetering, Marlize van Dalen, Bealde Enslin, Lucinda Jordaan verwerf 3 x A++ vir Potloodsketse en akrielverf. In die skryfwerk afdeling Cherise Nigrini vir poësie, Marlie Botes vir poësie en prosa, Ettienne Hattingh vir poësie en Michelle Coetzee vir poësie en prosa. Bealde Enslin ontvang ook 3 A+ en ‘n A++ vir mikrofoonsang.

HFM is aangewys as die “Wenner-Kultuur-skool” in die Bosveld.