74 Hengelaars by Northam Konsentrator-oornag hengelkompetisie

Die wenners van verlede naweek se hengelkompetisie by Northam Konsentratordam.

NORTHAM – Die naweek van 11 en 12 September is die maandelikse hengelkompetisie te Northam Konsentrator aangebied.

Die kompetisie het gestrek vanaf Saterdagmiddag om 16:00 tot Sondagmiddag om 15:00.  34 mans hengelaars, 19 dames hengelaars, 12 junior hengelaars en 9 penkoppe hengelaars het kragte gemeet. ‘n Somtotaal van 721 vis, met ‘n totale massa van 461.94kg, is vir die naweek gehengel en die wenners is bepaal deur die persone wat die drie grootste spesies vir die naweek gevang het, naamlik kurper 1eerste prys, karp tweede prys, barber derde prys. Die klub spog met ‘n aantal opkomende penkoppe wat voorwaardelik springbokhengelaartjies kan word. Die plekke is behaal deur: Seniors: 1ste: die plek word gedeel deur vier manne wat almal se kurper dieselfde geweeg het, naamlik Andrew Burger, Gerald Burger, Johan Niemann en Rudolph Dreyer met kurpergewig van 0.72kg. Dit is die eerste keer in die geskiedenis wat dit gebeur dat die plek deur vier gedeel word, tweedeplek: Demsie du Toit en derdeplek: Theunis Botha. Dames: eersteplek: Judith Pretorius, tweedeplek: Nicolene Heydenrych en derdeplek: Marietta Botha. Juniors: eersteplek: Johan Niemann, tweedeplek: Mauritz Claasen en derdeplek: Nico Geldenhuys. Penkoppe: eersteplek: Buffel Olivier. Geen tweede- en derdeplekke by die penkoppe nie. Nuwe afdelings spesiaal vir junior dogters en die penkoppe-dogters is ook ingebring. Die junior dogter wenner was Elzane Niemann sy het ‘n 1ste plek behaal met haar kurper. Geen 2de en 3de plekke vir die dogters nie. Die penkoppe-dogters se wenner was Mickayla Tullues ook met ‘n eerste plek. Geen 2de en 3de plekke in hulle afdeling.