Skopboksers hou toekenningsaand

Toekennings gemaak aan swartbeld gegradueerdes. Almal eerste dan behalwe Shian Peet wat ? sesde dan verwerf het en Sensei Lourens jnr. wat ? tweede dan swartbelt is. Agter vlnr: Petrus van Breda jnr., Lourens du Plessis jnr., Shihan Peet van Breda, Lourens du Plessis snr, Michael Buys en Johan Pieterse. Voor vlnr: Ian Rall en Werner Rall.

THABAZIMBI – ‘n Spesiale toekenningsaand is gehou om erkenning te gee aan ‘n besondere span skopboks atlete.

Na 23 jaar van skopboks in die bosveld, is honderde studente deur die bekwame opleiding van Shihan Peet van Breda. Van hulle het gekom en gegaan, met uitsondering van ‘n baie toegewyde span wat passievol die sport geniet. Op hul eie unieke manier het hulle dan ook n groot bydrae gemaak tot die suksesse wat die klub behaal. Onder andere 14 springbokke, 62 provinsiale kampioene en 41 nasionale kampioene. ‘n Nasionale toekenning vir beste resultate is aan die Thabazimbi Skopboksklub gemaak, terwyl Shihan Peet vereer is as die beste instrukteur. Internasionale erkenning is ook gegee aan Sensei Lourens du Plessis snr, Shihan Peet en Sensei Michael as span afrigters. Sensei Michael sal ook die toer meemaak as afrigter en beoordelaar. Shihan Peet het dan ook erkenning van WAKO (world amature kickboxing organization) as beoordelaar en skeidsregter in alle gevegkunste ontvang.