Top Stories

Sirkus by Kleuterskool

Hierdie drie narre, ook bekend as Divan Müller, Christoff Marx en Drian Swamers, het die juffrouens vermaak met hul oulike hanswors-streke.

THABAZIMBI – Verlede Vrydag, 10 September, het die SmartBrain Kidz kleuterskool ‘n Narredag gehad ter afsluiting van die week se les oor die sirkus.

Kleuters van klein tot groot het in hul hansworskostuums opgedaag en groot konsternasies, in tipiese nar-styl veroorsaak.