Laerskool Van Wykskraal hokkiespan presteer

Die hokkie span van Laerskool Van Wykskraal waarmee rekening gehou moet word is in die voorste ry vlnr Anika Steenekamp, Tayla Hanson, Stephanie Robertse, Sheally Branders, Bea Beetge, Zanré van Rensburg en Tiffany Robertse en in die tweede ry vlnr Monique Roux, Aurelia Van Zyl, Nelanie de Villiers, Elbè Lynn (Afrigter), Anmarie Schutte en Liandi Pienaar.

THABAZIMBI – Die dogters hokkiespan van Laerskool Van Wykskraal het baie goed presteer in die O/13 B liga hierdie jaar. Hulle het Pietersburg Oosskool met 1 teen 0 verslaan op Vrydag 27 Augustus, waarna hulle in die kwarteindrondte teen Laerskool Tzaneen gespeel het op Dinsdag 31 Augustus.

Dit was ‘n titaniese stryd wat op die einde deur strafhoue beslis moes word. Van Wykskraal het 1 teen 0 verloor. Wat hierdie prestasie so merkwaardig maak, is dat agt van die spelers maar O/11 is en hulle man goed gestaan het teen baie ouer leerlinge. Weereens, baie geluk!