Kunsuitstalling ten bate van SAVF

Hierdie skilderye was tydens ‘n kunsuitstalling in 2008 ten toon gestel en ‘n gedeelte van die verkope is aan die SAVF geskenk. Dit het werke bevat van, onder meer, Lientjie Lombaard.

THABAZIMBI – Daar word weer hierdie jaar ‘n kunsuitstalling ten bate van die SAVF gehou, op 29 September in die Bosveldoord-saal, vanaf 14:00 tot 20:00.

Gemeenskapslede wat belangstel in die uitstalling kan rustig die beste werke van die bekendste kunstenaars, soos Lientjie Lombaard, Sonja Meyer, Henti Meyer, Roal Boch en nog vele meer kom besigtig. Die kunsuitstalling word onder leiding van De Oude Kunstegalerij & Meester Ramers van Port Elizabeth aangebied.  Daar is ‘n gelukkige trekking waar  persone kan kwalifiseer vir 5 tot 15 % afslag.  Bring gerus u vriende saam en kom ondersteun die SAVF op hierdie dag.  Kaartjies beloop R20 en sluit kaas en wyn versnaperings in.  Kaartjies is verkrygbaar by die SAVF- kantoor, Judith straat 24.   Skakel ook gerus die SAVF maatskaplike dienskantoor by 014 777 1093 vir verdere inligting.