Nuut in Thabazimbi!

THABAZIMBI- Fairytale Parties het begin deurdat Almarie en Alta altyd self baie moeite met hulle eie partytjies doen.  Hulle het gou besef dat daar ‘n groot behoefte aan partytjie toerusting en décor vir die kleinspan in hierdie omgewing is.  Na gelang van al die navrae het hulle begin uitbrei.  Blye kinderharte en stralende gesiggies was die begin van hulle besigheid.  ‘n Sprokies partytjie kan vir jou kind gehou word met hulle vrolike partytjie tafels en stoeltjies.  Hulle het ‘n pragtige groot tafel vir ‘n feestelike atmosfeer.  Die stoeltjies is in alle kleure vir enige tema soos byvoorbeeld:  Tinkerbell, Ben 10, Cars, Hannah Montana ens.  Noem dit en hulle het dit.  Elke stel het ‘n bypassende gazebo om jou tema af te rond.  Dis ideaal vir die res van jou partytjie décor.  ‘n Kindertafel vir ‘n troue is ook baie gewild.  Hulle het ‘n pragtige wit stel wat sprokies mooi versier kan word vir al julle kleiner gaste.  Skakel hulle gerus vir ‘n kwotasie.  Hulle het alles wat jy benodig vir jou kleinding se droom partytjie.  Almarie – 082 570 6941.  Alta – 076 511 6657 of 014 772-1925.