Stuit die bruinoorbosluis nou

Dit is nou die tyd om die bruinoorbosluis te stuit voordat dit in die middel somer sy lewensiklus op veral beeste, buffels en elande kan voltooi.

Die ideaal is, dat sou daar bosluisuitdagings bestaan, die nodige toetse gedoen word by die Universiteit van die Vrystaat om te verhoed dat weerstandigheid verder toeneem.

Die bruinoorbosluis met die wetenskaplike naam Rhipicephalus appendiculatus en sy Afrikaanse naam die bruinoorbosluis weens sy kleur en voorkeur vashegtingsposisie aan sy gasheer. Die bosluis dra die parasiet Theileria parva oor, wat as Ooskuskoors bekend staan, wat dodelik vir beeste is.

Daar is egter verskeie Theileria parasiete wat deur die bruinoorbosluis oorgedra kan word en hy kan bosluisgedraagde koors aan mense ook oordra.

Die bruinoorbosluis is ‘n 3-gasheer bosluis. Die bruinoorbosluis neem 3 bloedmaaltye gedurende sy lewensiklus, ‘n bloedmaaltyd as larf, een as nimf en een as volwassene. Elke bloedmaaltyd van elke stadia van sy lewensiklus neem van 4-7 dae. Na elke bloedmaaltyd val die bosluis af.

Nadat dit in enkele dae omvorm het, byvoorbeeld van ‘n 6-pootige larf nou na ‘n 8-pootige nimf, soek dit ‘n nuwe gasheer.

Die volwasse bevrugte wyfie lê tussen 3 000 to 5 000 eiers, sowat 6 dae nadat sy afgeval het. Die eiers broei tussen 20 en 90 dae uit. Die bosluis het die vermoë om onder uiters gunstige omstandighede sy hele lewensiklus in 3 maande te voltooi.

In Suid Afrika het die bosluis ‘n streng seisoenale karakter. Volwassenes verskyn normaalweg gedurende die reënseisoen. Die ou dae was dit Desember tot Maart/April maar dit kan veranderlik wees weens die veranderende weerpatrone en sal verskil van plaas tot plaas en gebied tot gebied, (mikrohabitatte). Larwes is in die laat somer, omdat dit in tyd uitgebroei het voor die winter om ‘n bloedmaal te neem, dan kruip hulle weg in die grond, graspolle, krakies en geskikte habitat weg, en hy diapause. Van Julie tot Oktober is dit net nimfe.

Diapause is wanneer die bruinbosluis weens klimaatsomstandighede in ‘n toestand ingaan waar sy metabolisme heel afskaal en sy eie liggaamsontwikkeling stop om verder te gaan, totdat omstandighede weer gunstig is om die lewensiklus te voltooi. In Suid Afrika is dit bekend dat die bruinoorbosluise in “diapause” gaan weens klimatologiese faktore, en hier speel faktore soos temperatuur en vogtigheid (reën) ‘n groot rol.

As mens ‘n analise maak, sien jy dat al is die bosluis heeljaar op hul gashere teenwoordig dit ook op verskeie ander diere soos hase en rotte en reptiele en voëls, waar ‘n mens dit nie kan uitroei nie. Bruinoorbosluise verkies groter diere en verskeie wildsoorte en beheer moet kundig toegepas word.

Vir meer inligting aangaande die onderwerp kan u die skrywer van hierdie reeks artikels, Pierre van Niekerk pierrevn@telkomsa.net kontak