Laerskool Thabazimbi atlete presteer

THABAZIMBI – Leerders van Laerskool Thabazimbi het op verskeie gebiede die afgelope tyd presteer. Hier volg die uitslae op sportgebied:
Landloop: Nege atlete van Laerskool Thabazimbi het gekwalifiseer vir Provinsiale kleure tydens die Provinsiale Kampioenskappe te Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Pietersburg op 14 Augustus 2010. Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe sal op 11 September by Rietondale Park te Pretoria plaasvind. Die skool wens hul alle voorspoed toe.
Hokkie B-Liga: Op Donderdag 19 Augustus 2010 het Laerskool Thabazimbi se hokkieseuns-span deelgeneem aan ligawedstryde te Hoërskool Warmbad.
Die seuns het al drie hulle wedstryde gewen. ulle is die Ligawenners en dring deur na die Semi-Finale wedstryd wat sal plaasvind op 4 September 2010 te Tzaneen. Hulle word alle voorspoed toegewens.