General

Die Torlage’s groet

Derek Torlage verdaag die Hof finaal wanneer hy sy tuig neerlê aan die einde van die maand vir aftrede. Op die foto saam met hom is sy eggenote, Annemarie Torlage.

THABAZIMBI – Na 42 jaar in diens van die regspleging, waarvan die laaste twintig jaar in Thabazimbi deurgebring is, het dit tyd geword om die Hof finaal te verdaag vir aftrede aan die einde van Augustus 2010.

“Dit was vir my vrou en vir my ‘n voorreg om in diens van die gemeenskap van die Distrik van Thabazimbi te staan. Hoewel daar verskeie veranderinge plaasgevind het gedurende die afgelope 20 jaar in Suid-Afrika en in Thabazimbi, was ons geseënd in so ‘n mate dat die geboortepyne ons tot ‘n groot mate verskoon is. Die samewerking wat ondervind is deur die inwoners en hul positiewe gesindheid, het grootliks bygedra tot hierdie sukses. Hoewel die proses nog lank nie klaar is nie, is ek vol vertroue dat gesindhede met gepaardgaande respek steeds gehandhaaf sal word. Die Thabazimbiërs word baie sterkte en sukses toegewens om die beste dorp in die Limpopo te bly.”

“I want to take this opportunity to thank the Community of Thabazimbi, Northam, Dwaalboom, Cumberland and Hoopdal for their kindness and support during my tenure as Magistrate for the District of Thabazimbi and allowing me into your lives during the past 20 years. I can assure you it was an honour and privilege to be of some service to you. To everyone our heartfelt greetings and our prayers will always be with you.”