Sport

Swartklip wen driehoekige byeenkoms

THABAZIMBI – Die driehoekige byeenkoms tussen  Thabazimbi, Amandelbult en Swartklip, wat verlede Saterdag op Amandelbult gespeel is, is gewen deur Swartklip met 265 punte. Amandelbult teken 256 en Thabazimbi 255 punte aan. Geluk aan Swartklip.

Die volgende lede is tot die nuwe komitee verlede Woensdag verkies: Voorsitter: Johan Barnard; Sekretaris: Alta Venter: Tesourier: Sarel Marais; Klubkaptein: Charlie Penzhorn; Dameskaptein: Louise van Graan. Addisionele lede: Hans Human, Piet Venter, Jannie van Graan, Chris Bronkhorst en Esme Behrens. Geluk aan hierdie komitee en sterkte vir die jaar wat voorlê. Drie van die ou strydosse wat vir baie jare lid van die komitte was , Nico van der Westhuizen, Koos Prinsloo en Ettiene le Roux was nie weer verkiesbaar nie. Aan hulle, baie dankie vir al die jare se toegewyde diens. Geniet die “aftrede.”

Daar word tans gepoog om die klub se geskiedenis weer op skrif te stel nadat al die rekords in 2000 ongelukkig vernietig is. Inligting van die vroeë jare en foto’s sal welkom wees. Dan word daar ook gesoek na twee trofeë naamlik Die Bloubul trofee wat op die spel was toe hulle gereeld teen die bestuur van die Bloubul Rugby Unie gespeel het asook die oorspronlike Interaksie trofee, die een met die twee vlakvarktande.Inligting kan by die klub ingegee word.