Rhino Stoei Klub

THABAZIMBI– Rhino Stoei Klub het op Saterdag 17 Julie aan die Beginners- en Louis Trichardt toernooi deelgeneem. Die stoeiers het behoorlik skoonskip gemaak en in elke afdeling medaljes verower. ‘n Totaal van 21 medaljes is verwerf waarvan nege goud, tien silver en twee brons was en Rhino Stoei Klub het hierdie jaar die Limpopo Beginners Trofee gewen. Dié wissel trofee is een van die Limpopo pryse wat elke klub na smag, maar die stoeiers gaan seker maak dat dit nog vir vele jare in Thabazimbi bly.