25 Kleuters besoek tronk

Die Eendjie- en Kameelperdjieklasse van Ladies en Laaities dagsorg het Vrydag, 23 Julie by Thabazimbi Polisiestasie gekuier. Tannie Karlien (me K Greeff), Oom Herman (Adjudant Offisier H Joubert) en Tannie Moshira (Konstabel ME Lekalakala) het hul die nodige noodnommers aangeleer asook die verskillende toerusting gedemonstreer waarmee die Suid-Afrikaansie Polisiediens die boewe vang. Die seuntjies het ondermeer die “gunne” wat ten toon gestel is die meeste geniet.