General

Vol program met Laerskool kriekettoer

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop het vanaf 22-25 Julie 2010 ‘n kriekettoer onderneem na Botanica.  Die span, bestaande uit 13 seuns vergesel deur 5 volwassenes, het op Donderdag 22 Julie vertrek.

Uit die staanspoor het hulle ‘n vol program gehad. Donderdag het hulle teen Lord Milner  van Settlers gespeel en net-net verloor.
Vrydag het hulle die oggend teen Laerskool Platina gespeel en die wedstryd gewen. Die middag se wedstryd teen Laerskool Warmbad verloor hulle alhoewel hulle dit nie vir hul teenstanders maklik gemaak het nie.

Saterdagoggend was dit weer vroeg uit die vere om Laerskool Nylstroom te gaan aandurf. Die toer was op ‘n hoë noot met ‘n wen afgesluit.
Daar was darem ook tyd vir ontspanning en die seuns het hulself gate uit geniet by die Klein-Kariba Aventura.

Die skool sê ook dankie aan alle borge wat bydraes gemaak het om van die toer ‘n groot sukses te maak.