VLU Thabazimbi hou Lengte tee
THABAZIMBI – Die lede van die VLU Thabazimbi gaan op Donderdag 12 Augustus om 10:00 by die AP Kerksaal, ’n Lengte tee aanbied. Die kaartjies is tans R50 per persoon wat ’n praatjie van Tessa van Wijk, ’n modeparade, gaskunstenaar, uitstal tafels en verversings insluit. Die tee is ten bate van Huis Immergroen en ook om Marie Steenekamp as Thabazimbi Vrou van die jaar te eer.
Dié tannie het al baie vir haar gemeenskap gedoen en om te dink dat sy nie eers van hier af is nie. Tannie Marie is op 11 Augustus 1933 gebore op Sabie en het by die Pretoria se Meisie Hoërskool gematrikuleer en daarna by Pretoria Normaalkollege haar onderwysdiploma verwerf. Sy het daarna na die ou dorpie verhuis en haar aandag op die dorp en omgewing gevestig. Hier het sy vir 39 jaar skool gehou het, by Laerskool Van Wykskraal en dan ook by ons eie Hoër- en Laerskool Thabazimibi.
In 1985 was sy die eerste vroue diaken in die NG Kerk en in 1993 word sy genomineer as vrou van die jaar deur die kamer vir toerisme! In 1997 word sy genomineer deur Shoprite Checkers as vrou van die jaar as gevolg van haar gemeenskapsdiens. Sy ontvang in 2003 die Miertoekenning van die ATKV waar sy tussen 49 genomineerdes landswyd koninging kraai in die afdeling.
Sy dien as die voorsitter van die kankervereniging, streeksorganiseerder van die S.A Bejaarde Trust, op die bestuur van Huis Immergroen en stig saam met Dr. Buys, Tambotie Versorgingseenheid vir verswakte bejaardes wat vir haar baie na aan die hart lê – Sjoe dis ’n mond vol.
Behalwe vir nog vele meer betrokkenheid, was sy toerleidster vir die afgelope 20 jaar na Namakwaland, Scottburgh, Drakensberge, Zimbabwe en oorsee. Sy was lid van die VLU en SAVF en tans ook vryskut joernalis by Thaba Stereo wat betrokke is by vigs en dien op die Klerke komitee.
Haar stokperdjies is blokkiesraaisels, pottebakkery, weef, hekel en brei. Wat ’n dinamiese vrou! Die VLU Noord skenk elke jaar ’n bedrag van R5 000 aan ’n gemeenskapsdiens en met die gemeentlike motivering van VLU takke Strewe, Northam en Thabazimbi is die skenking aan Huis Immergroen gemaak. Vir verdere navrae oor dié lente tee kan Liz kontak by 084 436 4429.