Juksei Opedag te Mokopane

MOKOPANE – Die Tarentale Jukskeiklub se jaarlikse “drie-spel” sal gehou word op 21 Augustus op die bane te Mokopane.

Die opening geskied om 08:00. Die funksie lok gewoonlik baie spelers asook besoekers en spog met goeie pryse. Verversings word verskaf, maar nie sitplek nie, spelers en besoekers moet dus hul eie stoele saambring. Daar sal in afdeling A, B en C meegeding word. Kontak gerus vir De Graaff Genis by 082 902 6997 in hierdie verband.

Op 27 Augustus sal die skole-liga gehou word om 14:00 te Polokwane, terwyl skole keuring op 28 Augustus om 08:00 plaasvind waartydens spelers gekeur word vir die Bondedag wat op 9 Oktober te Polokwane aangebied word. Vir enige navrae in hierdie verband, kontak Bossie Liebenberg, Unie sekretaris, by 082 920 9070.