Sport

Fondsinsamelings kan ook pret wees

SKEERPOORT – Saterdag 3 Julie was die Nashua Mobile Ladies Mountainbike Day gehou. Dit is gehou om fondse in te samel vir die SA Borskanker vereniging. Daar het sowat 700 mense ingeskryf waarvan ongeveer 60 kinders was wat onder 12 kon deelneem. Annelie Breet, Bella Fouchè en Linda Fouchè se dogters, wat almal van Amandelbult is, het ook ’n deel aan die insameling gehad.

Mans kon ook deelneem, mits hulle soos die skoner geslag aangetrek het en 25 mans was braaf genoeg gewees. Die mans se inskrywingsfooi is direk vir die vereniging ingesamel.’n Totaal van R7 500 is ingesamel.