Kuier saam met Zak vir ’n nuwe lewe
THABAZIMBI – Zak van Niekerk kom op Vrydag 16 Julie in Thabazimbi kuier as deel van die Fleur de Liz vrouekomitee, in samewerking met die Mrs United Nations finalis, 2010, René Swanepoel, se poging hierdie jaar, om Celia Schoeman te ondersteun. Met hierdie donasie wil hul bydrae tot ‘n nuwe lewe vir haar en haar gesin. Hul nooi dan die getroue Thabazimbiërs om hierdie optrede te ondersteun op Vrydagaand 16 Julie om 19:00 in die Bioskoopsaal. Na die optrede van Zak van Niekerk gaan daar ’n dans gehou word, waar daar ’n kontant kroeg beskikbaar sal wees. Die helpende hande behartig ook die worsbroodjie verkope vir die aand.
Hierdie is die ideale geleentheid om net rustig te kuier en goeie musiek te luister. Kaartjies beloop R100 per stoel en is reeds beskikbaar by die Vrouekomitee. Kaartjies word vinnig minder. Vir verdere navrae kontak Pierre by 083 556 3216 of René by 076 745 9080.
Die vroue hou nie net by een kuiertjie nie. Hulle hou ook die Fleur de Liz vrouedag wat hierdie jaar plaasvind op Saterdag 18 September en dit beloof om ‘n onvergeetlike dag te wees van pret, dans en lag. Hierdie jaar sal Pieter Koen die dames vermaak.
Daar sal ook ‘n paar uitstekende sprekers wees wat elke vrou se lewe sal raak, onder andere Geni Pieters wat oor die nut van essentiële olies, René van Aswegen oor Nimue Mikro-ontleding en Retha Knoetze oor innerlike vrouwees gaan gesels.
Die dames kan hul gereed maak vir ‘n fenominale gebeurtenis met groot pryse om te wen. Die vroue wat nie ’n goeie koop geleentheid kan misloop nie, sal ook hierby baat, want daar sal verskeie uitstallers wees.
Besighede kan nou al tafels koop teen R5000 per tafel met plek vir tien persone.’n Heerlike driegang maaltyd word bedien tydens die geleenthied. Besighede kry eerste geleentheid om tafels te koop en die kaartjies wat oorbly sal aan individue verkoop word. Hierdie kaartjies word gewoonlik in ‘n japtrap opgeraap.
Maak gebruik van hierdie geleentheid om jou gemeenskap te ondersteun en ‘n verskil te maak in iemand anders se lewe. Hierdie is ‘n uiters doeltreffende bemarkingsgeleentheid deur middel van uitstallings, promosie geskenke vir gelukkige trekkings en enige ander reklamemiddele wat u wil versprei.
Wees deel van hierdie geleentheid deur vandag nog vir René by 076 745 9080 of Sorika by 082 801 0589 te kontak.