Bedrywige KunsteGrot

Rudi en Cornelia het in ‘n kits die blaaie van bykans elke publikasie en die stel van elke toonaangewendse televisieprogram in die land gehaal. Hul album was langer as dertig weke op RSG se amptelike SA Top 20 en hulle spog met talle nommer-een-plekke op uiteenlopende radiostasies se treffersparades. Die musiekresensent CJ de Swardt het Rudi en Corlea as die opwindendste nuwelingduo aangewys en hul album as die beste in dié afdeling in 2009 bestempel en met sy Oppinoot-toekenning bekroon.

THABAZIMBI – Skaars na ‘n week se vakansie en nog ‘n maand hiervan wat voorlê, is daar sekerlik reeds ouers wat nie meer weet wat om met die kinders by die huis aan te vang nie.

Die week van 28 Junie tot 2 Julie is die reeks Kindersproduksies elke oggend van 11 tot 12 by die KunsteGrot op die planke. Kaartjies is slegs R30 en almal is welkom.

Ouers en grootouers is welkom om ook in te sit teen R30 per persoon en die toneeltjies saam met die kinders te geniet. Hierdie breuk, so in die middel van die vakansie, is beslis die R30 per dag werd en sal die kinders nog ‘n paar weke daarna besig hou soos hulle die karakters op hul eie by die huis gaan uitbeeld. Maak gerus gebruik van hierdie ideale geleentheid.

Die KunsteGrot-program vir die res van die jaar sien so daaruit:

  • 28 Augustus –  NaviRedd
  • 8 September –  Rudi & Corlea – venue: Laerskool Thabazimbi se skoolsaal
  • 22 September –  Blackie Swart
  • 22 Oktober –  Heléne Bester
  • 19 November –  Manuel Escorsio met Kerskonsert
  • 24 November –  Die Buite-egtelike Ouma ( RiVo Toneel)

Besprekings vir Augustus en September is reeds oop.

Tans word  onderhandel om verskeie kunstenaars, veral met die oog op volgende jaar, hierheen te bring. Die kunstenaars en toneelstukke sluit in Dinner for One met Dunster Wilson en Elize Cawood;  Laurika Rauch; Groet die Grotman; Chris Cameleon, Jak de Priester en Kevin Leo.

Lesers is welkom om te laat weet indien daar ‘n spesifieke kunstenaar is wat hulle graag hier sou wou hê.  Kontak net vir Rita by 083 7448559.