Baba Hennie se vordering

Baba Hennie Thuynsma is die jong seuntjie van wie julle gelees het van tevore met die hart kondisie genaamd, “Tricuspid Atresia” Tipe 2 C. Hy het al sy eerste operasie ondergaan voor hy 12 weke oud was.

Hy het sy derde operasie op Dinsdag 25 Mei om 07:30 tot 14:00 afgehandel. Alles het goed gelyk en die medise personeel het hom van die longmasjien afgeneem. Hy was na die operasie stabiel tot op Maandag 31 Mei waar hy ‘n longinfeksie ontwikkel het en na die CTICU afdeling verskuif is.

Baba Hennie is dan ook gedoop onder die hospitaal personeel as die “merical” baba, omdat hy op Dinsdag 8 Junie al 36 uur nie die ventalasie masjien nodig gekry het nie.

Die Thuynsma gesin wil net dankie sê aan almal wat hulle in hulle gebede gehad het en ook vir die finansiële hulp, maar hulle gaan nogsteeds tekort kom.

Enige hoeveelheid donasies is welkom. Hier is die besonderhede vir die trust:

HL Thuynsma Hart Fonds Trust no: IT 906/2010
Bank besonderhede: Fluid Account
FNB Rekening no: 6225 1838242
Tak kode: 250 655