Sanlam Takalani Sesame kompetisie by Van Wykskraal

Die wenner in die Graad 00 afdeling is Henry Lynn – bal. Die ander twee wennertjies was ongelukkig nie beskikbaar vir ‘n foto nie, maar is tweede Elzaan Bezuidenhou – liniaal en in die derde plek Carli Robbertse – legkaart.

THABAZIMBI – Sanlam het ‘n Takalani Sesame inkleur kompetisie geloods gedurende verlede week van Maandag 31 Mei tot Vrydag 4 Junie by Laerskool Van Wykskraal. Elke leerder van Graad 00 tot Graad 5 het ywerig aan hierdie kompetisie deelgeneem aangesien die drie beste kunstenaars van elke graad sou wegstap met lekker Sanlam Takalani Sesame geskenkies. Christelle Brink (Graad 4) was as algehele wenner aangekondig en het ‘n Sanlam Liquid Debiet Kaart Rekening met ‘n opening saldo van R200 gewen. Hierdie is ‘n baie lekker rekening wat Christelle kan gebruik om mee te spaar en haar geld kan laat groei met daaglikse rente op die geldmark koers. Die kompetisie is geborg deur Deon Hartman van Sanlam. Vir enige navrae skakel gerus vir Deon Hartman by 083 723 7121.