Pro Bow Boogklub, Thabazimbi

Vl.n.r.: Henk Engelbrecht, Quintin Jansen van Vuuren, Petro van Reenen & Aldo van Reenen

HORNSNEK- Saterdag 5 Junie, het Pro Bow Boogklub, Thabazimbi weer ‘n SABA (South African Bow Hunters Assosiation) kompetisie bygewoon te Hornsnek,  Pretoria. Die deelnemers het al van 07:00 begin pyle losmaak om bietjie van die winterkoue te verdryf.

Die baan se uiteensetting het heelwat verskil van die vorige kompetisie wat daar aangebied was.  Hulle het berg, bos, dam en vlakte trotseer, met ‘n lawwe briesie wat sy kop uitgesteek het. Wat aanvanklik na ‘n maklike baan gelyk het, het van die skuts meer vernuf geverg as wat hul vermoed het.

Dit was ‘n eerste ondervinding vir van die skuts, en almal is dit eens dat dit ‘n dag vol avontuur was en dat elkeen waardevolle ondervinding opgedoen het.  Pro Bow Boogklub Thabazimbi, het met vier eerste plekke weggestap en die medalje vir die meeste hartskote van die dag, wat weereens die meeste pryse per klub vir die dag was.

Die uitslae vir die dag is as volg:

  • Henk Engelbrecht – 1ste – Snr. Male – Broad head (100%);  Petro van Reenen – 1ste – Snr. Female – Mechanicals;
  • Aldo van Reenen –  1ste – Snr. Male – Mechanicals;
  • Quintin Jansen van Vuuren  – 1ste –  Jnr. Male – Broad head (100%),  Quintin het die medalje ontvang vir die meeste hartskote van die dag – 10 hartskote.

Die volgende SABA kompetisie vind plaas op 31 Julie te Magnum Archery, Donkerhoek, Pretoria. Die boogklub lede en vriende kom elke Donderdag aand vanaf 17:00 bymekaar vir skiet oefening en samesyn. Vir meer inligting skakel Henk Engelbrecht (083 707 3691), Hein Holtshauzen (083 701 3039) of Hannetjie Engelbrecht (073 674 9956).  U hele gesin is welkom.