KunsteGrot Kinderproduksies vir die Vakansie

n Toneeltjie uit een van die kinderproduksies wat hierdie vakansie by die KunsteGrot op die planke gebring word.

THABAZIMBI – Die week van 28 Junie tot 2 Julie is daar groot bedrywigheid by die KunsteGrot.  Elke dag van 11:00 tot 12:00 is daar ‘n ander produksie op die planke.  Al hierdie produksies bied uitstekende vermaak vir die kinders en selfs die grootmense ka nook saamkyk. Bring die kinders en kom kyk sommer self of gaan doen gou inkopies.

Hier is die program – plak op die yskas en moenie vergeet nie.

Maandag 28 Junie – Die Boelie
Dinsdag  29 Junie – Die Sirkus
Woensdag 30 Junie – Vakansie is lekker!
Donderdag 1 Julie – Trysie die Volstruisie se verlore eier…?!!
Vrydag 2 Julie – Driekie het verjaar!

Toegang is R30 per persoon.  Almal is welkom.

Vir navrae, kontak Rita by 083 7448559 of  Esther by  082 8768463

Die derde kwartaal is propvol kunstenaars en begin met Navi Redd wat op 28 Augustus optree. Op  8 September kom Rudi & Corlia aan die beurt. As gevolg van die groter gehoor wat verwag word, skuif die optrede af na Laerskool Thabazimbi se Laerskoolsaal en op 22 September kry Blackie Swart sy beurt op die verhoog.

Besprekings vir dié optredes kan reeds gedoen word by Rita 083 7448559