Grafsteensangers eerste by Dewside Brouery

Die Grafsteensangers het tydens hul besoek die afgelope naweek ook ‘n draai by Dewside Brouery, Thabazimbi se eerste kommersiële bierbrouery, gemaak om te sien wat die bierproe en brouery nou eintlik alles behels. Op die foto klim die “weduwee” uit die toerbus terwyl die Hollander “Toets van Boorgate” vir haar die deur oophou. Die publiek sal eersdaags geleentheid kry om die bier te kan proe en sommer ietsie saam te nuttig. Groepe van vier tot agt persone kan geakkommodeer word tydens ‘n proesessie. Afsprake hiervoor sal vooraf gedoen moet word. Hou gerus Die Kwêvoël dop vir meer inligting hieroor. Vir meer inligting en navrae kan u Pieter by pieter@dewside .co.za kontak.

Na afloop van die geselsie oor hoe die bier gebrou word, moes die lippe net effens natgemaak word. Die “wulpse dogter van die weduwee se broer” het aangedring op ‘n demonstrasie van bierskink (foto bo) terwyl die res toekyk. Sy het haar so goed van haar taak gekwyt (foto onder) dat sy sommer die amptelike skinker geword het terwyl Pieter vrae oor die biermaakproses beantwoord. Pieter is darem beloon met ‘n vriendelike drukkie (foto regs).

Die “Ondernemer” en die “Weduwee” klink ‘n glasie Dewside Ale tydens hul besoek aan die brouery.