Bulletjie Rugby

Die 0/7 Bulletjie spannetjie wat op Saterdag 22 Mei hul harte uitgespeel het en dit terdee geniet het.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi, onder leiding van voorsitter van die Bulletjie rugby Roelof von Wielligh, het op Saterdag 22 Mei ‘n rugbydag aangebied waaraan 6 skole deelgeneem het. Die dag was ‘n reuse sukses en die Bulletjies het hul gate uit geniet. Graag wil ‘n woord van dank uitgespreek word teenoor al die borge wat ‘n bydrae gemaak het om hierdie dag moontlik te maak.