Bekende inwoner oorlede

THABAZIMI – Oom Kas du Plessis, bekende inwoner, is Sondagaand, 6 Junie 2010 oorlede na ‘n kort siekbed. Hy was werksaam te Amandelbult tot 1992 en het ook vroeër jare na sy aftrede ‘n plaaslike steenmakery, Duro Stene besit. Met sy afsterwe was hy ‘n inwoner van Bosveldoord en met hartseer laat hy sy eggenote Lettie, vyf kinders en elf kleinkinders agter. Die teraardebestelling vind op Saterdag 12 Junie om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk plaas.