Nuwe duiweklub gestig in Thaba

Lede van die nuutgestigte Thaba Spesialiste Duiweklub het reeds ‘n aantal vergaderings gehou.Van links op die foto is Nick Oelofse, Christo Reineke, Tonie Heineke, Rassie Erasmus, Albert Forster, Frans Matthee, Andre du Plessis en Isak Joubert. Voor staan die toekomstige duiweboere.

THABAZIMBI – Thaba Spesialiste Klub is die naam van die nuwe duiweklub wat onlangs gestig is en aan vlugte hierdie seisoen sal deelneem.

Met die stigting van die klub is daar  besluit om die hele gesin te betrek by die sport. Al die nuwe lede het dan ook dadelik ingespring en donasies help invorder. Van die tien nuwe lede, sal agt reeds hierdie seisoen aan wedvlugte deelneem.

Die klub is baie gelukkig dat hul so gou ‘n klubhuis bekom het, danksy die hulp van Johan Prinsloo.

Duiweboere wat wil aansluit is genooi om die Thaba Spesialiste Klub se voorsitter, Nick Oelofse, te kontak by 076 294 2279 vir meer in ligting.