Laerskool Van Wykskraal netbal is Provinsiale naaswenners

Laerskool Van Wykskraal wat net uit 55 skoliere bestaan is gekroon as die O/11 B-liganaaswenners in die afgelope naweek te Groblersdal. Dit was rondomtalie wedstryde en hulle span het soos volg presteer, een wedstryd gelykop gespeel en drie gewen. Hulle het die semi-finaal gewen, maar ongelukkig nie die finaal nie.
Hulle het hard gewerk om tot by die Provinsiale wedstryde deur te dring waaronder hulle in die eerste uitspeel rondte vir Laerskool Thabazimbi met 8-6 en Laeskool Nylstroom met 25-6 gewen het.
So het hulle toe deur gegaan na die Distrikuitspeelwedtryde wat by Laerskool Thabazimbi op Saterdag 22 Mei gehou was. Hier het hulle vir Laerskool Bosveld, 10-7 en Laerskool Krugerpark 26-5 gewen.
Laerskool Van Wykskraal en die gemeenskap is baie trots op hulle O/11 span en afrigter, Zanie van Rensburg.