Groot juwele uit klein dorpies

Agter vlnr: Angelique Rich, Bridget Masisi, mev Joey Koekemoer, Johanna Tshoene en Lesego Mafafo. Middel: Eseias Lamprecht, Elizabeth Mnthali, Kgomotso Kgamanyane, Vinolia Maboke en Orapeleng Semenya. Voor: Patricia Kgamanyane, Mosimanegape Diphokoe en Ikano Molatole.

THABAZIMBI – Thabazimbi Gimnastiekklub het op 21 en 22 Mei in Bela-Bela die geleentheid gehad om te wys dat klein dorpies groot juwele kan oplewer. Die volgende gimnaste het Limpopo kleure verwerf: Igee Theron, Tegan Theron [Algeheel 3de plek], Janco Blignaut; George Sikwane, Lucas Motseothata, Daniel Kgamanyane [Algeheel 1ste plek], Ola Semanya, Percy Selamolela; Lara du Plessis en René Rall. Hierdie gimnaste is ook gekies om Limpopo heirdie naweek te verteenwoordig in die North Zone spele wat sal plaasvind by Wits Educational Center in Johannesburg.