Goue bruilofsherdenking

THABAZIMBI – Oom Joos en Hannetjie Strydom het hulle 50 jarige huweliks herdenking gevier op Vrydag 28 May 2010 te Sun City.  Hierdie egpaar is jarelange inwoners van Thabazimbi en Oom Joos werk steeds as toesighouer by ‘n bouer in Thabazimbi. Albei beleef goeie gesondheid en dankbaar daarvoor. Uit hul huwelik is daar 4 kinders gebore, 2 dogters en 2 seuns en daar is ook nou reeds 6 kleinkinders. Albei die dogters is in Thabazimbi woonagtig en voel baie bevoorreg om albei hul ouers nog so naby hulle te kan hê.