HFM-Luggeweerskiet : Posliga

Agter vlnr: Willem Minnaar (gas), Ben Nortje, Chris Steenekamp, Bossie Boshoff en Richard Herhold. Voor: Gerhard Richter, Gertjie Du Plessis en Martin Senore (gas).

THABAZIMBI – Jaarliks bied die Wes-Kaapse Skoleskietvereniging die Posliga aan wat oor die hele land geskiet word. Die Kaap stuur elke skool se skietkaarte en dan hou elke skool hul  eie kompetisie. Dit word dan weer terug gepos en die hele land se kaarte word dan deur hulle gemerk.

Hoërskool Frikkie Meyer se Posliga is op 14 Mei 2010 gehou wat saam met ‘n klubkompetisie geval het. Pryse is aan die leerders toegeken en elkeen het ‘n sertifikaat ontvang.

‘n Hoogtepunt was die kompetisie tussen die pa’s. Die skuts was vir ‘n slag in beheer en kon hulle die pa’s “touwys maak”. Die ouer garde het darem nie te sleg gevaar nie en die punte was baie naby aan mekaar. Daar was onder die pa’s 2 eerste plekke – hulle was Gerhard Richter en Gertjie du Plessis. Die dag is met ‘n heerlike braai en kuier afgesluit.