Vrou oorlede in fratsongeluk

Karien de Beer wat op ouderdom 41 skielik in ‘n fratsongeluk oorlede is op Maandag 3 Mei.

THABAZIMBI – Karien de Beer, ‘n alombekende in die Thabazimbi-omgewing, is Maandag 3 Mei 2010 oorlede op die ouderdom van 41 jaar in ‘n frats ongeluk.

Karien en haar gesin het gedurende 1991 besluit om in die Thabazimbi-omgewing te kom boer. Sy het diep spore nagelaat in almal se harte. Sy was ‘n ware vriendin, bemind by oud en jonk en was altyd net tevrede. Karien sal onthou word vir haar liefde vir die natuur en diere, altyd met haar kamera in die hand om iets mooi vas te lê. Almal sal sê, saam met Karien was daar “never a dull moment”. Sy laat haar man Bernard, kinders Melissa, Lindie, JB, ouers Jan en Millie Coetzee, broer Jannie en suster Miluska agter.

Die familie bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning in hierdie moeilike tyd, vir al die oproepe, besoeke en boodskappe. Weet net dit word opreg waardeer!