Voor naweek reeds bedrywig

THABAZIMBI – Dit was weer ‘n baie bedrywige week vir die lede van die Thabazimbi Gholfklub. Dit het verlede Donderdag begin toe ‘n hele paar Sages-lede die baan van Koro Creek gaan aanvat het. Saterdag se liga is op die unieke Legend baan gespeel.

Nico van der Westhuizen, Billy Pring, Chris Bronkhorst, Rudi Conrad, Tiaan Bronkhorst, Christof Penzhorn, Johan Barnard en Sarel Marais het daar teen die Veterane gespeel, een gewen twee verloor en een gelykop gespeel (Eish).

Sondag het van die klub se lede ook vir die eerste keer in die “Scratch” liga in Pretoria gespeel. Johan Smit, John-James Behrens, Ettiene le Roux, Jan-Floris van der Wateren, RC Terblanche, Chris Bronkhorst en Tiaan Bronkhorst was die baanbrekers. Hulle verloor teen Woodhills en halfeer teen Pebble Rock. Die klub se Dames het op Amandelbult in hulle Dames Ope gaan speel. Esme Behrens wen die A-afdeling, Nita Barnard die B-afdeling, Louise van Graan die C-afdeling en Martie Clark die D-afdeling. Dan is Derek Torlage en sy manne ook op hulle jaarliks toer na die Suidkus.

Met al hierdie spelers elders besig het die ander spelers ook die kans benut om op Thabazimbi se baan hul slag te wys met Francois Malan met 33 IPS punte toe die wenner. Drie manne met 30 punte deel die twee plek naamlik Daan Lotheringen, Vollie Volschenk en Christo Rall.

Baie geluk aan Heinrich Penzhorn, een van die juniors wat gekies is vir die onder 12 Gauteng Noord span.

Die dames se opgeknapte kleedkamer behoort teen Vrydag klaar te wees. Wonder hoe hulle dit gaan inwy?

Vollie Voschenk